Dieet

Daai tyd van die jaar – dieet seisoen. Boude moet kleiner, pens moet weg en o, daai bo arms moet styf en vol spiere wees. Vir jare het ek gedink dit is maar normaal om die tyd van die jaar te wil maer wees – nou weet ek, die geheim is om die hele jaar so te voel.

My wegspringplek was ‘n reuse 128kg. Baie van my. Die geheim, verander jou leefstyl nie jou dieet nie. Gebruik jou lyf om dinge mee te doen – gooi weg die remotes, stap deur jou tuin en pluk onkruid uit, gebruik die trappe en skerp jou sekslewe op.

Daar is geen beter oefening as seks nie – vir albei. Dit is lekker, laat jou goed voel en die kilogramme smelt weg. Na seks word daar nie in die yskas ingevaar nie, maar vars vrugte word saam saam geeët, wat dalk lei tot ‘n volgende ronde. Nog koligramme af.

Julle verhouding word ook sommer sterker en beter en daai ou vergange gevoelens van verliefdheid kom mettertyd weer terug. Albei wen.

So vergeet van gym, kits diete en allerhande aparte wat net die huis volstaan en seks daai pense weg. Glo my, dit werk. Ek is nou 92 kg, ferm en erg gelukkig.

1 Response sover »

  1. 1

    Tersia said,

    As dit net vir my gehelp het! ‘n Glasie op jou geluk! Dit is darem die lekkerste lekker ……om gelukkig te wees!


Comment RSS · TrackBack URI

Say your words