Skeur

Ek is baie lief vir my land Suid Afrika. Ek sal nie soos my broers landuit vlug en dan daarvandaan sit en opmerkings oor SA maak nie. Nee, hier bly ek, veg ek teen rasisme, werk ek daaraan om my land beter te maak vir almal en gebruik ek my talente om ander mee op te lei.

Die ANC skeur en dit vertel vir my en ander dat ons demokrasie regtig begin werk. Niemand sal ooit weer deur ‘n klomp ape wat hul dogma aan almal opdring gelei word in hierdie land nie. Hier verwys ek na die blanke regering wat apartheid vir jare toegepas het sonder om ‘n oog te knip. Wat by elke geleentheid ‘n bybel nader geruk het vir opening en afsluiting en in god se naam swartes onderdruk het.

Die gif wat julle versprei het, sit vandag nog oral in mense en maak dat haat, neid en selfsug ons land tot op sy knië dwing. En wat maak julle – julle loop bly in ander lande waar daar tog nie swartes is nie. Wel, al wat ek wil sê – good for you – bly nou stil oor ons land, sy mense en alles wat hier aangaan. Julle is nou burgers van ander lande, dien julle nuwe gode en sorg dat julle slap gatte nie daai lande ook verwoes nie.

Ja, die ANC skeur, maar die wit afrikaners wat hier bly en trots is op wat ons het, skeur ook – ons skeur ons los van julle wat hier vort is en julle mense oud en jonk agtergelaat het. Jy wat nou lekker in AUZ sit me medies en alles wat jy dink vir jou beter is – jou verarmde en vergete ouers word hier deur liefderyke swart hande versorg, gewas en uiteindelik begrawe. Jy kom nie eens oor vir hulle begrafnis nie, want wat maak dit tog saak. Jy het hulle weggesmyt.

Nou skrou almal – weet jy hoe moeilik dit is om te besluit om weg te gaan? Kak man. Selfsug dryf julle. Jou ouers het jou nie weggesmyt toe jy klein was en hulle ook maar gesukkel het nie. Ek wil kots as ek hoor hoe swaar dit was om ouers en familie te groet – dankie vader julle het gewaai, julle het in elke geval net ons land en sy mense siek gemaak.

Vrek in vrede in die vreemde, moet net nie verwag dat ons inderhaas sal oorskiet om jou kinders te kom haal en groot te maak as jy neerslaan nie. Of gaan mense nie dood oorsee nie. Hulle moet maar tussen die wesies van jou nuwe land grootword, want daar is niemand daar om uit te help nie.

Skeur ANC sodat ons nog sterker en beter anderkant kan uitkom.

Say your words