Met die wêreld ekenomie wat tans steier en biljoene rande elke dag uit mense se sakke geruk word, kan ek nie anders as om te dink die wêreld is besig om sy ewewig te herstel nie.
Die rykes is super ryk en hulle bars nou van skok soos hulle aandele portefuljes in die asdrom eindig, terwyl die armgatte verder krepeer. So word almal nou gelyk gemaak, maar wie gaan heel hieruit kom?
Pensioen fondse, wat hewig belê is in aandele markte, steier en kan vou – wie vrek dan van honger? Vir jare is mense geleer om versekering uit te neem – nou staan dit op die afgrond en biljoene kan verlore gaan. Niemand het versekering teen ‘n ekonomiese krisis nie.
En wat doen die wêreld – wat hulle die beste doen – kyk anderpad. My bank is nog ok, so sterkte outjies wat nou met niks sit nie. Ek vegaap my aan die gebeure wat nou al posisie nommer drie op die nuusberigte uitmaak.