Nes ek van iets begin hou, of dit regtig verstaan, word dit nie meer gemaak nie of verander dit.
Die stront het begin toe digitale kameras op die toneel verskyn het. My hele loopbaan as fotograaf, het ek geskiet op film en skyfie film. Dan af lab toe vir ontwikkeling en die thrill van fotos vir die eerste keer sien. Pure magic gewees.
Soos ‘n storm val digitaal al wat ‘n studio is binne en kort voor lank trek die industrie hul neuse vir negatiewe en skyfies op. Skandeer asseblief en stuur dan. Soos verslae skape gaan koop ons die nuwe digitale monsters wat maar net nie wil cope met wat ons gewoond is nie.
Rekenaars word jou beste vriend – grotes, wat vinnig kan werk en baaaaaie geheue het. Photsohop dring sy gevreetjie aan my op en ek suffer om die ding uit te figure. RAW images asseblief, skrou die industrie, colour profiles gil die drukkers, geen manupilasie snou die puriste. Fotografie word ‘n werk.
Vandag, kan ek my nie indink sonder my Photoshop en ander toorgoedjies nie. Maar my hart klop in my keel – moet om vaders naam nie nou weer gaan staan en torring nie – ek sidder by die rumours wat loop onder my kollegas. Ons is in vir ‘n ding.
Help – ek bly nie by nie!
Dellie said,
Mei 16, 2008 @ 2:31 nm
Hi Karl,
Ek voel vreeslik skuldig dat ek so lanklaas hier kom kuier het. Ek sit jou nou onmiddelik op my blogroll. Vergewe tog asb, maar weet net dat ek nie van jou vergeet het nie. Ek kuier baie gereeld by jou Troustories!
Lekker naweek! Ek kom loer gou weer! Belowe!
Pikkelik said,
Mei 29, 2008 @ 10:04 vm
Ag nee man Karl, ek het twee maande terug eers ‘n digitale kamera gekoop en ek het nog nie eers photoshop nie…. Oi, ek is tog so agter die tyd…