Dinge het verander.
My pa was die hoof van ons huis en sy woord was wet. Hy kon alles doen en het sy familie bekserm en behou teen alles van lekkende krane tot boewe by die heining. Ma het altyd voor geloop met pa se beskermde hand liggies op haar rug. Sy was gerus en gemaklik binne die wete dat haar man haar en haar kinders sal versorg.
Vroue vebrand hulle bra’s en begin skop teen manlike superioriteit. Moenie vir ons deure oopmaak, ons karre versien of jou slaris op ons spandeer nie gil hulle. Ons kan alles self doen. Kinders innie bewaarskool, sit ma nou haar regmatige plek vol innie werk, kerk en selfs innie tronk. Sterk vrouens.
Mans word gereduseer tot ‘nice to have handymen’ wat maar rondhang vir hopelik ‘n bietjie seks so nou en dan.
Gemeenskappe begin vou. kinders begin geweld in skole as ‘n leefwyse ervaar. Misdaad skiet die hoogte in. Seksuele misbruik van kinders word ‘n toeriste attraksie van Suid Afrika. Gesinne word lewensgevaarlik vet, want niemand sorg vir heilsame kos nie. Families onttrek elkeen na sy eie deel van die huis en kommunikeer meestal via sms en boodskappe op email.
Korrupsie brand gate in ons land, reëls en wette word daagliks getoets in howe. Ons hele volk het rigting verloor, want niemand stap voor nie.
Mans na die voorste stoele asseblief. Kry weer ‘n greep op jul families en bring stabiliteit na ons lewens asseblief.
Dink ek praat snot ? 60 000 mans staan en luister op een slag na een man. Dit moet iets vertel van wat kort in ons samelewing.
Pikkelik said,
Mei 3, 2008 @ 12:57 nm
Amen, Ma’s moet weer Ma’s word en Pa’s, Pa!!!! Ek kritiseer nie vrouens wat voltyds werk nie, meestal kan hulle eenvoudig nie anders nie. Ek kritiseer wel ma’s wat ten koste van hul kinders en mans voortploers in ‘n joppie met minimum pay net omdat dit ‘in’ is… Nou het ek alweer te veel gesê…
Wipneus! said,
Mei 5, 2008 @ 5:31 nm
Is alles waar….