‘n Jong meisie van die Oprah Winfrey Academy is geskors oor sy siek is.
Dit is die boodskap wat vandag in die koerante verskyn. Geen indiepte ondersoek wat vertel wat regtig aangaan nie, geen simpatie met enige party nie, blote sensasie. Nou wil ek weet:
- Hoekom het die media hul mes in vir Me Winfrey se skool?
- Word haar skool as ‘n euwel gesien, want sy kry net negatiewe publisisteit?
- Is die joernaliste bang of ongelukkig oor die skool waarin hulle nooit was of sal wees nie?
Een die wêreld se rykste mans woon in SA. Hy het meer geld as wat hy kan spandeer. Sien ons dat hy skole open? Nee. Nou vir wat diegene wat skole open en instandhou so kasty?
Dalk sit die Departement van Onderwys hieragter – hulle vaar so vrot, nou gebruik hulle die media om ander wat goed doen af te kraak?
Ek vra maar net.
boendoe said,
April 11, 2008 @ 7:24 vm
Ek wonder hoekom het EK nie aan ‘Kasterolie’ gedink nie! Dis erg cute!
Nou dat jy dit noem, dis waar. Die media gee arme Oprah net negatiewe publisiteit. Ek wonder of dit net die ‘wit’ media is, of is die Sowetan, ens ook nasty met haar? Ek is nogal ‘n Oprah fan. Ek dink nie sy sal so iets doen met ‘n versteekte agenda nie. Ek dink sy is REGTIG goed. Miskien moet hulle haar bietjie slack gee.
PlatterFuss said,
April 11, 2008 @ 9:37 vm
Heeeeeeeeeeeeeeeeehaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaa!!!! You ROCK!!!!!
(((((K)))))
Pikkelik said,
April 11, 2008 @ 9:59 vm
Jy vra bleddie reg, ek vra ook al lankal. Lyk my hier moet jy nie ietsie goed probeer doen nie, almal soek jou bymotiewe en as daar nie is nie, gee hulle jou al jou hel!
Wipneus! said,
April 11, 2008 @ 12:02 nm
Ek kry Oprah jammer sy moet altyd vure doodslaan oor hierdie skool. Mense van die buiteland sal tweekeer dink voor hulle hier ‘n skool oopmaak. Ons het skole nodig, want dit gaan sleg in die onderwys!
Dellie said,
April 12, 2008 @ 7:08 vm
Om een of ander rede voel ek vreeslik tuis hier by jou…
Ek dink ook Oprah bedoel haar goed-doen opreg. Maar sy is ook nie daar om heeltyd te sien wat aangaan in “haar” skool nie. En om iemand te skors omdat hulle siek is, klink mos nie reg nie?