Miljoen mense teen misdaad

Ek maak ‘n voorstel.

Kom ons almal wat al geraak is deur misdaad, merk ons huise met ‘n X.

Jy kan gebruik net wat jy wil, maar maak daai X duidelik sigbaar. Kort voor lanl sal die media optel dat die hele Suid Afrika gemerk is met ‘n X.

Stille protes wat internasionale aandag sal trek.

Ek het reeds my X op in my voor tuin.

Comments (8) »

Ek kom net nie lekker by nie

Nes ek van iets begin hou, of dit regtig verstaan, word dit nie meer gemaak nie of verander dit.

Die stront het begin toe digitale kameras op die toneel verskyn het. My hele loopbaan as fotograaf, het ek geskiet op film en skyfie film. Dan af lab toe vir ontwikkeling en die thrill van fotos vir die eerste keer sien. Pure magic gewees.

Soos ‘n storm val digitaal al wat ‘n studio is binne en kort voor lank trek die industrie hul neuse vir negatiewe en skyfies op. Skandeer asseblief en stuur dan. Soos verslae skape gaan koop ons die nuwe digitale monsters wat maar net nie wil cope met wat ons gewoond is nie.

Rekenaars word jou beste vriend - grotes, wat vinnig kan werk en baaaaaie geheue het. Photsohop dring sy gevreetjie aan my op en ek suffer om die ding uit te figure. RAW images asseblief, skrou die industrie, colour profiles gil die drukkers, geen manupilasie snou die puriste. Fotografie word ‘n werk.

Vandag, kan ek my nie indink sonder my Photoshop en ander toorgoedjies nie. Maar my hart klop in my keel - moet om vaders naam nie nou weer gaan staan en torring nie - ek sidder by die rumours wat loop onder my kollegas. Ons is in vir ‘n ding.

Help - ek bly nie by nie!

Comments (2) »

Mans na die voorste stoele asseblief

Dinge het verander.

My pa was die hoof van ons huis en sy woord was wet. Hy kon alles doen en het sy familie bekserm en behou teen alles van lekkende krane tot boewe by die heining. Ma het altyd voor geloop met pa se beskermde hand liggies op haar rug. Sy was gerus en gemaklik binne die wete dat haar man haar en haar kinders sal versorg.

Vroue vebrand hulle bra’s en begin skop teen manlike superioriteit. Moenie vir ons deure oopmaak, ons karre versien of jou slaris op ons spandeer nie gil hulle. Ons kan alles self doen. Kinders innie bewaarskool, sit ma nou haar regmatige plek vol innie werk, kerk en selfs innie tronk. Sterk vrouens.

Mans word gereduseer tot ‘nice to have handymen’ wat maar rondhang vir hopelik ‘n bietjie seks so nou en dan.

Gemeenskappe begin vou. kinders begin geweld in skole as ‘n leefwyse ervaar. Misdaad skiet die hoogte in. Seksuele misbruik van kinders word ‘n toeriste attraksie van Suid Afrika. Gesinne word lewensgevaarlik vet, want niemand sorg vir heilsame kos nie. Families onttrek elkeen na sy eie deel van die huis en kommunikeer meestal via sms en boodskappe op email.

Korrupsie brand gate in ons land, reëls en wette word daagliks getoets in howe. Ons hele volk het rigting verloor, want niemand stap voor nie.

Mans na die voorste stoele asseblief. Kry weer ‘n greep op jul families en bring stabiliteit na ons lewens asseblief.

Dink ek praat snot ? 60 000 mans staan en luister op een slag na een man. Dit moet iets vertel van wat kort in ons samelewing.

Comments (2) »

Middag Pappas

Ek is ‘n middag pappa. Dit beteken dat ek na ‘n kind kyk in die middae na skool terwyl mamma werk.

Dit is nie my kind nie, maar voel soos my eie. Ouma het na haar gekyk van baba dae af en toe ouma skielik sterf het ek besluit om haar taak verder te neem.

Nou op 40 is ek ‘n geswore batchelor. Ek hou van dinge doen net soos ek wil en wanneer ek wil. Groot was die aanpassing om skielik ‘n mens in gedagte te moet hou in alles wat ek doen, maar ek moet sê, dit is geen opoffering nie. Die moelikste is daai besige handjies. Vir jare weet ek waar ek alles neergeist het en kry dit dadelik - nou soek ek myself dood na alles wat skielik in my huis rondstap.

Maar op 40 leer ek weer soos ‘n kind te lag en te speel, sien ek deur haar oë hoe verward die wêreld vir hulle is. Sy inspireer my as sy deur die tuin loop en sing, laat my hart skeur as groot blink trane oor Ouma afrol en laat my lag met haar lawwe grappies. Saam pak ons allerhande projekte aan, sit en kyk wolke en nou sterre deur haar teleskoop wat ek haar vir haar verjaardag gegee het.

Niks klop daai: “wow’ as sy iets nuuts sien nie. Sy is 9 jaar oud en bogemiddeld begaaf. Lees is haar stokperdjie en as sy die dag aan die babbel gaan, klink dit of dit ‘n grootmens is wat gesels. Vrae wat ek die antwoord nie van ken nie word nageslaan en opgelees op die internet.

Dankie sus, dat jy genoeg vertrou om jou kind te help grootmaak. Ek leer haar my kant van die lewe en dat sy nooit ooit hoef te twyfel in haarself nie. Dis cool om anders te wees. Soms is ek kwaai en ander kere kom sy met moord weg, maar altyd is daar die drukkies en liefde.

Daar gaan nie ‘n week om dat sy uit die bloute sal sê: Dankie dat oom Kalla al die pad uit die Kaap gekom het om na my te kyk nie. Dan snik ek hier diep binne, want my lewe beteken ook nou iets meer as werk.

Nou wonder ek - is daar nog middag pappas daar buite ?

Comments (4) »

Herfs se mooiste blomme

Ek is ‘n ywerige tuinier en geniet Herfs se blomme sommer baie. Die koeler weer laat hulle ook langer mooi bly. Wat ‘n genade om ‘n klein ou saadjie neer te gooi en daar staan die kleureprag later.

Wat blom op die oomblik in jou tuin ?

Comments (3) »

Camilla Parker Bowles

Ai poppie ai - as jy ‘n nar wou trou, moet jy bereid wees om in die sirkus op te tree!

Rows have been escalating between Prince Charles and Camilla. (AAP)

By ninemsn staff

As Prince Charles and Camilla Parker Bowles approach their third wedding anniversary, friends of the royal couple are concerned their marriage is falling apart.

The couple has been caught arguing in front of staff and Camilla has been taking refuge at her country retreat, according to the Daily Mail.

“The rows have been escalating over the past three months,” the newspaper quoted a “well-placed source” as saying.

“The staff are getting tired of it because you can’t help but hear the shouting.”

Prince Charles and Camilla — who once described a Caribbean cruise with the heir to England’s throne as a “nightmare” — are due to spend two weeks together in Scotland after their anniversary on Wednesday.

Camilla has only accompanied her royal husband to one quarter of British events since their marriage.

And she has recently been spending more time alone at Ray Mill — her old family home in Wiltshire.

One royal aide blamed the conflict on Charles’s personality and his disappointment by Camilla’s resistance to adapting to royalty.

“The problem is, Camilla isn’t really pompous or conscious of status and hierarchy, but he is and always has been,” he said.

“She had a free life before, having fags, drinking, going on riding holidays and she can’t do any of those anymore.”

Camilla has been romantically linked to Prince Charles since 1970, a decade before Prince Charles married Diana.

Princess Diana once said there were three people in her marriage.

Comments (2) »

Made in China

Ek geniet die debakel wat die Olimpiese fakkel veroorsaak terdeë. Vier keer was daar f*kkel fakkel, want dit is geblus deur protesteerders. Hoe briljant.

Gelukkig hou die ‘komitee’ ‘n spaar vlam byderhand.

Groot wêreldmoothede soos China kom al jare weg met die ergste misbruik van mense. Kinderarbeid, hongerlone, geforseerde geboortebeperking, onderdrukking van die werkers klas. Noem dit en China is die wêreld leiers.

Die natuur ontgeld dit ook. China koop elke perlemoen wat hulle kan kry gewetenloos aan. Renosters sorg al dekades vir Chinese horings. Walvisse en dolfyne voed die armes. Die osoon krimp daagliks weens hulle reuse industrieë wat rook blaas.

Tibet word verskeur.

Bring bietjie daai vlam hiernatoe - ek sal persoonlik hom doodspoeg.

Merk my woorde, China se olimpiese spele gaan groot verdriet bring. Dit kan nie anders nie.

No comment »

Media se lus vir snot

‘n Jong meisie van die Oprah Winfrey Academy is geskors oor sy siek is.

Dit is die boodskap wat vandag in die koerante verskyn. Geen indiepte ondersoek wat vertel wat regtig aangaan nie, geen simpatie met enige party nie, blote sensasie. Nou wil ek weet:

  1. Hoekom het die media hul mes in vir Me Winfrey se skool?
  2. Word haar skool as ‘n euwel gesien, want sy kry net negatiewe publisisteit?
  3. Is die joernaliste bang of ongelukkig oor die skool waarin hulle nooit was of sal wees nie?

Een die wêreld se rykste mans woon in SA. Hy het meer geld as wat hy kan spandeer. Sien ons dat hy skole open? Nee. Nou vir wat diegene wat skole open en instandhou so kasty?

Dalk sit die Departement van Onderwys hieragter - hulle vaar so vrot, nou gebruik hulle die media om ander wat goed doen af te kraak?

Ek vra maar net.

Comments (5) »

Dellie Tagged me for my 8 list

8 Things I am passionate about:

  1. Plants
  2. South Africa
  3. Quiet times
  4. My cats
  5. My family - well some of them
  6. Smoking
  7. Sexy smiles
  8. Food

8 Things I want to do before I die:

  1. Buy a mobile home and travel
  2. Write two books
  3. Have a sixpack
  4. Go to Mexico, Spain and Brazil
  5. Create massive sculptures
  6. Play my own Baby Grand piano
  7. Live on a house next to the ocean
  8. Be on the Oprah show

8 Things I often say:

  1. Moezit?
  2. Inderdaad
  3. Doller as kopaf kan dit nie
  4. Ons praat weer
  5. Cash is king thank you
  6. Nope
  7. Darling, get a seat
  8. Hmmmmm

8 Songs I could listen to over and over:

  1. Purple Rain - Prince
  2. Dancing in the dark - The Boss
  3. Saying something stupid - Robbie Williams & Nicole Kidman
  4. Angels - Robbie Williams
  5. Nesum Dorma - Pavarotti
  6. Sanctus - Jesse Norman
  7. Song for Guy - Elton John
  8. Sonneblom uit Bethlehem- Theuns Jordaan

8 Books I recently read:

  1. Hitch hikers guide to the galaxy - 10 th time
  2. Websites for dummies
  3. Roses
  4. Nagvlug
  5. Fit for live
  6. Nataniel se kombuis
  7. Gods - Pratchet
  8. Long dark teatime of the soul

Hmmm, quite a process of self examination.

No comment »